Noodvergadering oor Iran kernverdrag

’n Noodvergadering is gehou met Europese lande se verteenwoordigers oor Iran se kernwapen ooreenkoms wat nou die status van ’n internasionale krisis bereik het.

Die onttrekking van Amerika uit die ooreenkoms het die gevaarpunt bereik dat Iran die ooreenkoms as nietig kan beskou, en daarom het die ander betrokke lande ’n blits vergadering gehou wat die naweek reeds byeen gekom het.

Die vergadering volg nadat Iran gedreig het om voort te gaan om sy kernkrag produksie te verhoog en die bepalings van die ooreenkoms te ignoreer as die ander lande nie die ooreenkoms staande hou nie.

Die hoof onderhandelaar van Iran het na afloop van die vergadering sy tevredenheid laat blyk oor die verloop van die verrigtinge en gesê die besprekings en ondernemings was goed en alle knelpunte is uit die weg geruim.

Die vergadering wat in die Oostenrykse hoofstad, Wene, gehou is het slegs ’n paar uur geduur, en die partye uit Duitsland, Brittanje, Frankryk, Rusland en Sjina het Iran tevrede gehou dat die ooreenkoms staande blyte midde van Amerika se onttrekking.