Nog grootskaalse wanbestuur

Lindiwe Sisulu

Lindiwe Sisulu, die nuwe Minister van Water en Sanitasie, het tydens haar begrotings debat in die parlement erken dat haar departement onder ‘n wolk leef en dat “grootse finansiële wanbestuur” deur top amptenare plaasgevind het. 

Sy het glo onderneem om die situasie so gou moontlik om te keer. Sy kan nie verstaan dat daar soveel geld verlore gegaan het nie, en sal poog op die skuiwergate toe te stop. 

Waarnemers wonder of daar opgetree sal word teen diegene wat die departement willens en wetens besteel het, of gaan hulle herontplooi word in ander sektore soos wat die ANC se gebruik is.