Nasa ondersoek Saturnus maan

Nasa is besig met die beplanning om ’n hommel ruimtetuig vir wetenskaplike navorsing doeleindes na die grootste maan van Saturnus te stuur.

Wetenskaplikes beweer dat die grootste maan wat om Saturnus wentel, heeltemal verskil van enige ander maan in die sonnestelsel.

Titan is Saturnus se grootste maan, en is geheel en al verskillend van die sowat 150 ander in die sonnestelsel, wat klaarblyklik die moontlikheid inhou dat daar lewe op Titan kan wees.

Die hommeltuig Dragonfly sal ’n lang reis na Titan onderneem en die moontlikheid word ook ondersoek om met ’n tweede reis, vier mense in 2026 daarheen te stuur, maar wat eers in 2034 hulle bestemming sal bereik.

Lori Glaze, die direkteur van Nasa, sê hy is opgewonde oor die projek aangesien Titan oor al die eienskappe beskik wat nodig is vir lewe.