Myne verontagsaam reëls

Dit blyk dat agt steenkoolmyne in die Oos-Transvaal besig is om die omgewing en veral die belangrike waterbronne te besoedel. 

Die probleem begin egter  by die Departement van Water en Sanitasie wat in ‘n totale gemors is.  Die Sentrum van Omgewings Regte het bevestig dat die Departement versuim om sy plig na te kom wat behels dat instellings gekontroleer moet word rondom afval en besoedeling. 

Geen aksies word geneem teen myne wat geen water lisensies het nie,  terwyl rehabilitasie van water nie ʼn prioriteit is van die departement of die myne nie. 

Monitering van die myne bestaan nie meer nie, en oortreding van die regulasies gaan opsigtelik verby.