Mynbase die sondebokke

Die erge besoedeling van die land se belangrikste opgaardamme, word in die meeste gevalle deur myne veroorsaak wat gewetenloos omgaan met die water in riviere en damme.

Myne is volgens die jongste opnames, verantwoordelik vir sowat 70% van waterbesoedeling, en daarna is nywerhede en munisipaliteite  die instansies wat meedoen aan die besoedeling van Suid-Afrika se water voorraad as die belangrikste hulpbron.

In Oos-Transvaal trek myne die water uit die Olifantsrivier se opvangsgebied, en veroorsaak dat waterbronne geweldig besoedel word.

Die besoedeling is aangehelp met die owerheid wat nie behoorlik optree met toekenning van water lisensies nie, en ook nie inspeksie doen by myne, nywerhede en munisipaliteite wat hulle skuldig maak aan die misdryf wat as een van die ernstigste oortredings is.

Suid-Afrika is ’n land wat arm is aan varswater, en oor dekades is opgaardamme gebou en goed bestuur, maar sedert 1994 het veranderings ingetree wat nou dringende aandag verdien voor ’n algehele krisis ontstaan.