Munisipale bestuurder se reuse goue handdruk

Moeketsi Mosola

Die munisipale bestuurder van Pretoria se metro raad, Moeketsi Mosola, ontvang ’n goue handdruk van miljoene Rand, terwyl hy ook ’n 18% verhoging kry wat eers in berekening gebring moes word.

Die DA beheerde stadsraad het stil-stil die munisipale bestuurder die verhoging gegee en daarop bereken om hom ’n goue handdruk te gee.

Om van die bestuurder ontslae te raak, het hy die goue handdruk gekry wat na bewering R7 miljoen beloop.

Geen stappe sal teen hom geneem word oor die multi-miljoen Rand kontrak “bedrog” wat gepleeg is, en sal nooit teen hom gebruik word nie.

Waarnemers is erg gskok oor die beweerde optrede van die munisipale owerheid en sê die saak lyk of dit ’n korrupsie skandaal op ’n vorige skandaal kan wees en verdien verdere ondersoeke.