Moskou polisie arresteer honderde betogers

Die Russiese polisie in Moskou het minstens 1,000 lede van die opposisieparty gearresteer wat Saterdag ’n optog in die hoofstad gehou het.

Dit is een van die grootste voorvalle van die aard wat nog deur die polisie in Moskou uitgevoer is op lede van die opposisieparty.

Die polisie se optrede volg nadat die opposisielede met plakkate en baniere te velde getrek het teen president Vladimir Poetin as president, en teen sy regering.

Die verset optog kom nadat ’n regulasie uitgevaardig is dat lede van die opposisieparty nie toegelaat word om kandidate te stel in die verkiesing in Moskou se munisipale raad nie.

Die optog om beswaar te maak is deur die owerheid as ’n onwettige aksie bestempel, maar duisende inwoners van Moskou het deelgeneem aas die optog uit verset omdat hulle nie demokraties aan die verkiesing mag deelneem nie.

Verskeie mense wat aan die optog deelgeneem het, is met ernstige wonde in die hospitaal nadat die polisie op hulle toegesak het.

Nagenoeg 20,000 mense het aan die optog deelgeneem, maar kenners sê die opposisieparty se landswye steun is hoogstens 40% teenoor President Vladimir Poetin se 60%.