Morocco red immigrante uit see

Onwettige immigrante wat in die Straat van Gibraltar met ’n aantal kleiner bote na Europese lande wou vaar, het in die moeilikheid geraak en moes dringed gehelp word deur die kuswag van Morocco .

Die reddingsdaad word beskryf as die eerste baie groot verdrinking wat voorkom is in die Mediterreense See toe 242 immigrante probeer het om die see oor te vaar na Spanje.

Die onwettige immigrante wat almal afkomstig is uit die sub-Sahara van Afrika het met ’n swak toegeruste boot probeer om die Spaanse kus te bereik.

Morocco se Vlootmag het die mense van voedsel en medikasie voorsien toe hulle teruggebring is na die vasteland.

Intussen is verneem dat die Italiaanse regering sy eie kuswag met ’n aantal onwettige immigrante aan boord wat uit die see gered is, toegang geweier in sy hawens aangesien die nasionalistiese regering besluit het om geen toegang te bied aan onwettige immigrante nie.