Moody’s verslag wys rooi ligte

Rooi ligte is besig om te flikker in die Suid-Afrikaanse ekonomie nadat die jongste verslag van Moody’s op verskeie elemente gewys het wat ongunstig is vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Die verslag toon dat kommer bestaan oor die staats entiteite soos Eskom, Denel, SAL en SABC wat maar net nie instaat is om winsgewend bedryf te word nie.

Die voortdurende reddingsboei wat die entiteite se kop bo die water moet hou, is een van die groot bekommernisse en het die rooi ligte laat flikker.

Benewens die onvermoë om winsgewend te funksioneer, toon die verslag ook dat Suid-Afrika klaarblyklik onder ANC bewind, nie die wil toon om sy ekonomie te laat groei nie, en die powere, 0,05% is hoegenaamd nie voldoende om die groot aanwas in die bevolking en gepaardgaande werkloosheid aan te spreek nie.