Moody’s negatief oor Eskom

Die graderings groep Moody’s het die regering se finansiële “hulp” aan Eskom as negatief beskryf aangesien dit ‘n verdere las plaas op die land se begroting. 

Medium termyn planne om in die Oktober begroting verdere geld beskikbaar te stel laat baie min plek vir beweging vir Tesourie.  Volgens Moody’s is daar ‘n gebrek aan positiewe strategie om Eskom se finansies stabiel te kry. 

Moody’s is tans die enigste graderings groep wat SA se skuld op beleggings gradering plaas.  Die moontlikheid dat die regering self verder geld moet gaan leen is nie vergesog nie en verdere belastings kan gehef word op die land se inwoners. 

Geld word nou geleen om skuld te betaal en volgens oorsese kenners is ʼn staatskuld krisis op SA se drumpel.