Misdaad ruk hande uit

Die vraag word al hoe meer gevra of misdaad in SA nog onder beheer is as die statistiek daaraan gemeet word.  Volgens Bheki Cele, die Minister van Polisie het die Suid Afrikaanse Polisie nog nie die stryd teen misdaad in die land verloor nie. 

As daar na statistiek gekyk word lyk die prentjie droewig. Dit blyk dat daar 52 moorde daagliks plaasgevind het in die 2016/17 jaar.  Verkragtings syfers toon dat SA die hoogste syfer wêreldwyd het met 65 000 aangemelde sake per jaar.  Dit is bekend dat menigte verkragtings nooit aangemeld word agv die stigma EN die onvermoë van die polisie en regstelsel om skuldigbevindings te kry. Suid Afrika het die hoogste voorkoms van kinder en baba verkragtings in die wêreld. 

Voertuig kapings is hoog in vergelyking met ander lande terwyl kontant-wa rooftogte ʼn epidemie geword het.

Bendegeweld in die Wes-Kaap het die afgelope naweek die lewe van 11 mense ge-eis terwyl daar in Hanover Park 45 persone gedood is die jaar.  Voeg hierby die plaasaanvalle en moorde waar daar in Mei maand 2019 46 plaasaanvalle was waarin 7 mense hul lewe gelaat het dan is Suid Afrika nie meer ‘n veilige plek vir enige inwoner nie.