Militêre soldate nog nie ontplooi

Die aankondiging verlede week dat militêre soldate na die Wes-Kaap ontplooi gaan word om die bende geweld te probeer hokslaan, het nog nie gerealiseer nie.

Die aankondiging wat deur minister Cele gemaak is, het die indruk gelaat dat dit blitsvinnig sou wees wat SA Weermag sy troepe na minstens drie gebiede sou ontplooi.

Weermag offisiere was teleurgesteld dat die minister met dy aankondiging hulle van die effek van ’n verrassing ontneem het wat die bendes onkant kon vang.

’n Woordvoerder in die ANC reken dat die gewag voor die soldate ontplooi word, die polisie kan bevoordeel met hulle plan van aksie wat tot hede nie geslaag het nie.

Kommer is uitgespreek dat die onopgeleide soldate gevaarlike foute kan begaan wat mense onnodig kan beseer of selfs die dood kan meebring.