Malema se leierskap tuimel

Tydens ’n radio onderhoud het die Rooi brigade se nasionale voorsitter, ene Dali Mpofu, gesê hy dink die EFF se leier, Malema, gaan hoogstens nog een termyn sy party se leier wees.

Hy sê die moontlikheid is selfs daar dat Malema in Desember die aftog kan blaas as leier tydens die party se konferensie wat beplan word om by Nasrec, Johannesburg gehou te word.

Na verwagting sal Malema vir ’n volgende termyn beskikbaar wees as leier, maar dit kan ook sy laaste termyn wees as hy nie dalk besluit om reeds vanjaar uit te tree nie.

Daar bestaan groeiende verset teen Malema, en sy adjunk, Floyd Shivambu, kan dalk besluit om hom te onttroon in Desember.