Maduro wil praat met opposisieleier

Juan Guaido

In Caracas, die hoofstad van Venezuela, het die omstrede diktator, president Nicolas Maduro, gesê hy wil met die amptelike opposisieparty se leier, Juan Guaido, praat om die politieke krisis in die land op te los.

Maduro het die opmerking gemaak slegs enkele ure na die opposisieleier gesê het hy sal nooit weer ’n goeie tyd vind om met Maduro die diktator, te onderhandel nie.

Beide leiers het in Mei vanjaar persone afgevaardig na die onderhandelings in Noorweë, waar gepoog is om oplossings te vind vir die politieke krisis, maar die opposisieleier se afvaardiging het onttrek weens die ondemokraties siening van die Maduro-kamp.

Juan Guaido het later gesê dit is nooit ’n goeie tyd om met ontvoerders, menseregte verkragters, en diktators te onderhandel nie.