Maduro en Guaido hervat gesprek

Kort nadat Noorweë aangebied het om ’n tweede reeks samesprekings tussen die twee hoof partye van Venezuela te huisves, het die opposisieleier bevestig dat hulle die geleentheid sal bywoon.

In die eerste rondte van samesprekings in Noorweë het die opposisieleier, Juan Guaido se onderhandeling span uit die samesprekings onttrek.

Noorweë poog om ’n ooreenkoms te kry tussen die twee partye vir die hou van ’n vervroegde algemene verkiesing wat behoorlik gemonitor word om te verseker dat dit vry en regverdig sal wees.

Die druk wat Juan Guaido op die omstrede president Maduro se rgering geplaas het, het byna die bedanking van president Maduro teweeg gebring, maar Rusland, Sjina en Kuba se steun het hom staande gehou om nie te bedank nie.

Vroeër het Guaido gesê hy wil nie met die omstrede president wat ook ’n diktator is, onderhandel nie.