Maduro bied blyplek vir rebelle

President Nicolas Maduro

Die omstrede diktator van Venezuela, president Nicolas Maduro, het die afgelope naweek gesê die twee voormalige FARC bevelvoerders van die naburige staat, Columbië, word verwelkom in sy land as hulle dit sou verkies.

Die twee bevelvoerders Ivan Marquez en Jesu Santrich, is deur die president as leiers vir vrede bestempel terwyl hulle ondergrawers  is van die demokrasie in Columbië.

Die twee rebelle het vroeër geweier o saam met die meerderheid lede van die rebellebeweging, die ooreenkoms met die regering te onderteken om die wapen neer te lê en saam te bou aan die land se toekoms.

Maduro het die opmerking gemaak na aanleiding van die Suid-Amerikaanse state se vroeëre besluit om Maduro en sy regering nie te erken nie en eerder hulle steun aan die opposisieleier, Juan Guaido te gee.

Intussen het spanning verhoog tussen die twee lande, terwyl honderde inwoners oor die grens na Columbië gaan om hulle voedsel en medikasie te koop omdat winkelrakke in Venezuela feitlik leeg staan.