Macron wil Johnson besoek oor Brexit

President Emmanuel Macron

Kort nadat kanselier Merkel ’n waarskuwende woord gerig het teenoor die Britse premier, het die Franse president, Emmanuel Macron, aangekondig dat hy van plan is om dialoog te voer met premier Johnson.

Die Franse president, wat allerweë beskou word as Frankryk se staatshoof met weinig invloed, wil met Eerste Minister Johnson van Brittanje gesprek voer oor Brexit.

’n Woordvoerder van die Franse president sê die twee leiers het telefonies kontak gemaak en president Macron wil praat oor die EU se vereistes rakende Brexit , maar kenners betwyfel dit of dit van enige waarde vir die twee partye sal wees.

Die grootste probleem tussen die Verenigde Koninkryk en die EU gaan oor die grens tussen Ierland en Noord-Ierland, en voor dit nie opgeklaar kan word nie, sal die EU nie bes gee nie.

President Jean-Claude Juncker van die Europese Raad het aan premier Boris Johnson gesê die ooreenkoms wat Theresa May met die EU aangegaan het, is die enigste ooreenkoms wat aangegaan sal word, en dat ’n nuwe ooreenkoms nie onderhandelbaar is nie.