Lenasia se omgekeerde rassisme

Inwoners in die Lenasia woonbuurt, voorheen ʼn oorwegend Indiër woonbuurt,  is besig met protes optredes.  Die protes spruit voort uit die groeiende getal plakkers wat aan die suide van Lenasia hulle hutte oprig.

Hulle beskou hierdie onwettige grondbesetting as ‘n risiko vir hulle veiligheid en dat dit die waarde van eiendomme beïnvloed. Die woonbuurt word nou bykans omring  met informele strukture. 

Dienslewering word glo beïnvloed en onwettige koppeling van krag en water veroorsaak verdere spanning.

Die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak om  die plakkers uitmekaar te jaag.  Die LUK van behuising Lobogang Maile het in ʼn verklaring gesê dat sindikate saamwerk met korrupte amptenare en selfs polisie beamptes wat plakkers “help” om onwettig grond te beset.