Kroasië vervang ses ministers

Premier Andrej Plenkovic

Kroasië se Eerste Minister, Andrej Plenkovic, het die week bekend gemaak dat die kabinet herskommel word, wat ses van sy ministers direk geraak het en vervang is met ander parlementslede.

Die drastiese stap volg slegs enkele maande voor die volgende algemene verkiesing vroeg in 2020 gehou word.

Die premier het verduidelik dat die herskommeling nodig is omdat die regering sy mikpunte wil bereik wat tot voordeel van die landsburgers is.

Die premier het die aankondiging gemaak nadat hy vergader het met sy koalisie vennote, wat die indruk laat dat hy aansienlike druk van sy koalisie vennote kry om sterker verteenwoordig te word in die kabinet.

Premier Andrej Plenkovic se koalisie regering het ’n baie klein parlementêre meerderheid, en is genoodsaak om almal in die koalisie terwille te wees om in die regering stoel te bly.