Korea: Missiel toets is waarskuwing

Noord-Korea het in ’n verklaring gesê die lansering van twee kort adstand ballistiese missiele is gedoen om Suid-Korea te waarsku om nie voort te gaan met sy “oorlog sugtige” militêre oefeninge saam met Amerika nie.

In die verklaring word ook gemeld dat Suid-Korea moet ophou om wapentuig in te voer uit Amerika, maar waarnemers sê die waarskuwings is grotendeels op die VSA gemik.

Die lansering van missiele word algemeen beskou as ’n poging van die kommunistiese Noord-Korea om druk uit te voer teen die beoogde gesamentlike militêre oefeninge van Amerika en Suid-Korea wat jaarliks gedurende Augustus gehou word.

Alhoewel die VSA president, Donald Trump, steeds positief is dat ’n volgende rondte samesprekings met Kim Jong-Un gehou sal word binne die afsienbare tyd, is politieke ontleders in twyfel of dit wel gaan gebeur.