Kommunis dalk Taiwan se nuwe president

Han Kuo-yu

Die burgemeester van die stad Kuomintang in Taiwan is deur die opposisieparty van die land aangewys as hulle kandidaat vir die komende presidentsverkiesing.

Han Kuo-yu is ’n Sjina ondersteuner wat tans wye steun geniet in Taiwan nadat die huidige president, Tsai Ing-wen, aansienlike steun verloor het in die afgelope jaar.

Tsai Ing-wen, wat tans in die Karibiese eilande is om die verhouding met die regerings aldaar te verbeter, is nie ’n gewilde regeerder in die geledere van die kommunistiese Volksparty van Sjina nie.

Haar besoek in die buiteland, en haar besluit om wapentuig van Amerika aan te koop het die Sjinese regering woedend gemaak aangesien Taiwan as deel van die Sjinese gebid beskou word alhoewel die grootste deel van die land afsydig staan teenoor Sjina.

Han Kuo-yu word beskou as ’n lakei van Sjina, en die verwagting is dat Sjina alles moontlik sal doen om Kuo-yu se oorwinning by die stembus moontlik te maak.