Kommissie op kommissie

Na die sogenaamde Staatskaping is daar ondersoeke gelas om eerstens die skuldiges vas te trek en tweedens om te sien of vermorste fondse  verhaal kon word. 

Die Gupta-sage is al deurtrap van verskeie kante en bevindings het getoon dat die kerrie familie die staat ingedoen het met miljarde rande. Intussen sit hul oorsee en lag vir die kommissies  en staatsaanklaers van die land. 

Die Zondo kommissie sit nou 123 dae met hul aanhoor van getuies en in die voorleggings is bevind dat hoofde van Eskom, SAA, Denel, Transnet, Spoornet, Prasa en andere hulself verryk het deur omkoopgeld te ontvang vir kontrakte en ongemagtigde transaksies.  Sommige van die persone is intussen “herontplooi” in ander senior poste in die staats entiteite sonder dat daar ‘n klag van bedrog, diefstal, geldwassery of omkopery teen een van hul ingebring is. 

Dit in teenstelling met ‘n persoon wat die K- woord gebruik en onmiddellik verhoor en gevonnis word.  Verkragters en moordenaars word aangehou of op borg vrygelaat om maar net weer hul skuldig te maak aan verdere misdrywe.  Die hoofman van die land het na soveel dae ‘n voorlegging gemaak rondom geld wat “hy” sou ontvang het van die Watson groep en andere vir sy verkiesings veldtog. BLF en die EFF leiers maak uitlatings wat opstokery is maar hul word nie aangespreek nie.  Dan word die stelling gemaak dat:  “Gelukkig is die regstelsel van SA nog onpartydig en  nie gekaap nie”. 

Dit klink soos iets uit die mond van wyle Piet Koornhof.

Pinochio.