Kommer oor misdaad in onderwys

Geweld in en by skole is besig om die onderwys stelsel van die land te vernietig. Die afbrand van skole in swart woonbuurte is een tendens wat al hoe meer plaasvind. Sodra inwoners kwaad raak rondom dienslewering word skole en biblioteke afgebrand. 

Die groter probleem wat tans bestaan is gevalle van aanranding en moorde op skool terreine. In Johannesburg is ‘n 16-jarige leerling verlede week deur ‘n mede-skolier met ‘n mes dood gesteek. 

So was daar gevalle in Pietersburg, Tlhabane, Mondeor en Lentegeur waar aanvalle op skoliere deur skoliere plaasgevind het. Oproepe kom nou vanuit gemeenskappe dat skole onder polisie en/of weermag bewaking geplaas moet word.  Is dit ‘n omgewing waar onderwys en veral opvoeding rustig kan plaasvind?

Op ‘n positiewe noot kan daar gemeld word dat in die jare se  bestaan van die Beweging van Christelike Volkseie Onderwys het daar by die 35 CVO skole, onder hul beheer, geen voorval van geweld plaasgevind het nie. 

Is dit omdat die skole op ‘n Christelike- en kultuur basis bedryf word?  Indien dit die geval is,  het ouers die morele verpligting om hierdie skole te oorweeg vir hul kinders se onthalwe en rondom die ouers wat dit nog erns maak met hul doopbelofte van hul kinders.