Klopjag in Verre-Noord uitgevoer

’n Polisie klopjag wat in Noord-Transvaal (Limpopo) uitgevoer is, het in die vroeë oggend ure die afgelope naweek talle arrestasie meegebring.

Die polisie het in die omgewing van Thohoyandou toegeslaan en 164 verdagtes is gearresteer wat klaarblyklik in verskillende misdade betrokke was.

Die klopjag, bekend as “Swara Tsotsi” het inspeksie gedoen in verskeie moontlike misdade, maar ook alkohol verwante probleme by sulke “handels punte” is ondersoek.

Misdadigers wat oor ’n lang tyd die lang arm van die gereg ontduik het, is ook deel van die klopjag en verskeie misdadigers is opgespoor en toegesluit.

Dit is onbekend of ander dele van die land ook met soortgelyke klopjagte gaan begin ten einde die misdaad te bekamp.

Onbevestigde berigte lui dat daar van die gearresteerde verdagtes ook verskeie persone is wat moontlik by moord en verkragtings betrokke was.