Kerke leeg en tronke vol

Die spreekwoord het ʼn werklikheid geword in Suid Afrika.  Oorbevolking in Suid Afrikaanse tronke het epidemiese afmetings aangeneem. 

Verhoor afwagtende en gevonnisde gevangenes wie se regsdokumentasie onafgehandel is, is sonder beddens, beddegoed en uniforms. 

Tronke is tans 150% vol ten spyte van hofbevele dat instansies nie meer as die 120% kerf moet  oorskry nie.  

Tronke is oorvol weens die land se hoë misdaad syfer wat toegeskryf kan word aan dwelm misbruik, ʼn gebrek aan respek vir mense lewens, immoraliteit en selfs ʼn gebrek aan opvoeding, aldus korrektiewe bronne.