Kaapse doktor en reen oppad

Kapenaars kan hulle gereed maak vir ʼn erge koue front wat Dinsdag vir die gebied voorspel word. Dit sal gepaardgaan met welkome reën wat tot Woensdag kan duur. 

Damme wat se water inhoud tans net oor die 50% staan sal baat vind by die reëns.  Boere in die Swartland kan swaar neerslae verwag wat welkome nuus is vir die koring en ander gesaaides wat groen op die lande staan.

Selfs gebiede soos Loeriesfontein, Springbok, Vanrhynsdorp en Nieuwoudtville is in vir hulle eerste swaar neerslae. 

Drooggeteisterde gebiede soos Calvinia en Carnarvon kan dalk hul eerste reëns kry en selfs die droogte breek.