Johnson probeer EU boelie, sê Merkel

Kanselier Angela Merkel

Die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, het  skep gereageer op die nuwe Eerste Minister van Brittanje  se opmerkings oor uittrede en gesê om die Europese Unie te probeer boelie sal nie die eenheid in Europa versteur nie.

 Die Europese Unie sal nie geboelie kan word tot kompromieë wat sy beginsels in gedrag sal bring nie.

Die waarskuwende woorde word vertolk as ’n beslistheid in die geledere van die Europese Unie wat dit vir premier Boris Johnson nie so maklik gaan maak om met ’n nuwe ooreenkoms na sy parlement terug te keer nie.

Johnson het ’n nuwe kabinet saamgestel en minstens 11 nuwe ministers is in plek gesit wat pro-Brexit is en “oor die energie beskik” om Brexit deurgevoer te kry.

Die voorsitter van die Duitse Bundestag Komitee oor Buitelandse Sake het ook gereageer en gesê die EU sal koelkop by in woorde en in dade, maar Johnson se dreigende houding skrik niemand af nie.