Johnson is nuwe Britse premier

Die voormalige Minister van Buitelandse Sake wat as minister bdank het onder die bewind van premier Theresa May, is pas verkies tot leier van die Konserwatiewe Party.

Dit bring mee dat Boris Johnson binnekort as nuwe Eerste Minister van Brittanje ingehuldig sal word as opvolger van Theresa May.

Die verkiesing wat enkele ure gelede afgehandel is, het Johnson 66$ van die stemme besorg teenoor Jeremy Hunt, die huidige Minister van Buitelandse Sake, se 34%.

Johnson word Woensdag ingehuldig as Eerste Minister, en het reeds na afloop van die stemmery beklemtoon dat hy Brittanje uit die Europese Unie sal lei op 31 Oktober.

Die Minister van Opvoedkunde, Anne Milton, het onmiddellik haar bedanking as minister aangekondig by aanhoor van die verkiesing se uitslag. Sy is die vierde minister wat onder Theresa may gedien het, maar nie bereid is om in die kabinet met Johnson te dien nie.

8