Jacob, jy tender vir tronkstraf

ʼn Meningsvormer van Pretoria reken die voormalige president van die ANC, Jacob Zuma, kan dalk in die tronk opgesluit word.

Hy meen die oud president, Jacob Zuma, moet maar by die volle waarheid hou want n onwaarheid wat onder eed kwytgeraak word, beteken net een ding, tronk toe.

Zuma getuig tans voor die Zondo kommissie oor staatskaping, maat hy vertel aan die kommissie dat hy die slagoffer van instansies is wat hom wil begrawe sien.

Hy vertel dat daar verskeie instansies is wat hom om die lewe wou bring, en daar was selfs ʼn selfmoord bomaanval teen hom beplan.

Kenners is van oordeel dat die bewering wat Zuma gemaak het dat Thabo Mbeki hom aan die Gupta broer voorgestel het, maar deur die Mbeki Stigting verwerp word, kan lei tot verdere ondersoeke wat die moontlikheid van vervolging en tronkstraf kan meebring.

Dinsdag het Zuma gesê iemand het Maandagaand geskakel en gewaarsku dat hulle hom wil doodmaak, en wil ook sy kinders doodmaak.

Wat merkwaardig is, is dat die Zuma sekere goed glad nie kan onthou nie – en daardie truuk is sou oud soos Afrika!