IT firma geskud met skaduagtige transaksies

Die IT firma EOH is geskud na bevindings rondom skaduagtige transaksies ter waarde van R1,2 miljard. 

Die hoof van EOH, Stephen van Coller, het agt persone in die maatskappy geblameer vir die skandaal wat die sagteware maatskappy getref het. 

Die verklaring deur Van Coller kom slegs ‘n dag na die bedanking van Pumenza Bam,  Zunaid Mayet en Rob Godlonton, aldrie top uitvoerende beamptes by EOH.

Twintig verskaffers het geld ontvang vir werk wat nie gedoen is nie. Die maatskappy se aandeelprys op die JEB het met 11% gedaal na die aankondiging.