Iran se vragskip is met olie gelaai

Toetse wat uitgevoer is toon dat die super olie tenkskip van Iran wat deur Brittanje gekaap en aangehou word, ’n vol vrag ru-olie dra wat klaarblyklik vir Sirië bestem is.

Brittanje het die tenkskip by die kus van Gibraltar gestop en daarop beslag gelê aangesien dit die sanksie verbod verbreek het deur olie te verkoop aan Sirië.

Die beslaglegging het spanning tussen Westerse lande en Iran die hoogte laat inskiet, en kenners meen die oorlog met die Midde Oosterse land het nie begin nie omdat niemand bereid is om die eerste aanval uit te voer nie.

’n Woordvoerder van die ondersoekspan na die inhoud van die tenkskip het later gesê dit is noodsaaklik om vas te stel wat die tenkskip vervoer, want die sanksies het betrekking op die land se olie verkope aan ander lande.