Iran sal praat as sanksies lig

Iran is gereed om dialoog te voer met die Verenigde State van Amerika as Washington die sanksies ophef en terugkeer na die 2015 kern-ooreenkoms waaruit hy getree het.

President Hassan Rouhani het die aankondiging gemaak nadat die Trump-administrasie vroeër gesê het hulle is oop vir gesprek met Iran.

Amerika het aangedui dat hy bereid is om die gesprek oor n sterker ooreenkoms en ’n wyer akkoord rakende sekuriteit en veiligheid.

Kenners meen die voorwaarde vir dialoog soos wat Iran voorstel, sal vernederend wees vir President Trump, en daarom sal die gesprek nie plaasvind nie.

Die onderhandelinge kan bewerkstellig word deur Europese leiers wat die lug suiwer tussen die twee strydende moondhede.