Iran eis vrylating van sy olieskip

Die kaping van Iran se olie tenkskip dur Brittanje het gelei tot ’n hewige reaksie van Teheran wat die voorval as “gevaarlike presedent” beskou wat onmiddellik beëindig moet word.

Die Britse regering is versoek om die vragskip onverwyld vry te laat, maar hierop het Brittanje kwalik gereageer behalwe om bekend te maak die olie tenkskip vol ru-olie gelaai is wat onderweg was na ’n ander land.

Iran gaan tans gebuk onder swaar sanksies wat deur die VSA ingestel is, en wat die olieverkope van Iran feitlik tot algehele stilstand gebring het.

Die Minister van Buitelandse Sake, Mohammad Javad Zarif, het Brittanje gewaarsku dat hy die skip onmiddellik moet toelaat om verder te gaan, maar die Britte het nog geen amptelike opmerking daaroor gemaak nie.

Brittanje het die olie tenkskip gestop nadat die vermoede ontstaan het dat Iran ’n vrag olie na Sirië vervoer te midde van die sanksie verbod wat deur die Europese Unie ingestel is.