Iran dreig met meer verrykte uraan

Die regering van Iran dreig om die konflik oor sy uraan verryking verder te verhoog dur dit selfs tot 20% te vermeerder terwyl die ooreenkoms slegs 3,5% toelaat.

Met die aankondiging het Iran die Westerse lande getoets om te sien watter optrede gevolg gaan word, en is waarskynlik verras dat weinig reaksie behalwe ernstige waarskuwings gehoor is.

Die dreigement kan egter reaksie ontlok as dit tot uitvoer gebring sou word aangesien die massiewe oorskryding en verbreking van die akkoord die Europese lande in beroering kan bring.

Die optrede van Iran bevestig dat president Donald Trump die ooreenkoms reg verstaan het dat Iran nie volledig verbied word om kernwapens te ontwikkel nie.

Iran is ten volle bewus daarvan, en alhoewel hy verskeie kere beklemtoon het dat hy nie belangstel in die vervaardiging van kernwapens nie, dit geen waarborg is dat hy nie daarmee sal begin nie.

Met Rusland en Sjina wat die Irannese regering ten volle ondersteun, is dit ’n gevaarlike spel wat tans afspeel, en kan die Weste slegs met sanksies teen Iran optree.