Humeure vlam op in TV debat

Tydens ’n TV debat tussen die twee Britse kandidate vir die premierskap, het die humeure opgevlam en het beide kandidate nie te alle tye goed vertoon nie.

Die voorloper in die wedloop om oor twee weke verkies te word as Brittanje se nuwe Eerste Minister, Boris Johnson, het ’n keer sy humeur verloor vir sy opponente, Jeremy Hunt, en snedige opmerkings gemaak teenoor sy partygenoot.

Hunt het self ook nie gehuiwer om aanvallend te wees nie, maar was miskien minder aggressief toe hy gehamer het op die feit dat Johnson weier om die vrae te antwoord wat aan hom gestel is deur die onderhoudvoerder.

Johnson wou nie antwoord op die vraag of hy sal bedank as premier indien hy nie daarin slaag om Brittanje op 31 Oktober uit die EU gelei het nie.  Hy het ook nie geantwoord op die vraag of hy wel die Britte uit die EU sal lei op die gestelde datum nie en het ook nie geantwoord op die vraag of hy die Britse ambassadeur ondersteun in sy uitlatings oor president Trump nie.