Hoofregter en bedrog

Die Hoofregter Mogoeng Mogoeng het ‘n skerp uitspraak gemaak rondom korrupsie en sê dat korrupsie nie net in die openbare sektor plaasvind nie. 

Hy sê dat Suid Afrika, Afrika en die res van die wêreld nie korrupsie sal kan verslaan terwyl  die mite dat korrupsie ‘n “swart ding” is steeds geglo word nie.  Swartes word glo in ‘n negatiewe lig geprojekteer en ander in ‘n positiewe lig.  Dit is waar dat veralgemening nie mag plaasvind nie maar die afgelope dertig jaar het “persone” in die openbare sektor die land geplunder en hofsake en kommissies kan nagegaan word om te sien wie die oortreders was en is.  Ontleders sê die tronke se bevolking is ‘n korrekte weerspieëling van wie misdaad pleeg en wie nie.

Die regter vra die vreemde vraag: wanneer het staats entiteite begin geld verloor – die antwoord is duidelik –  met die aanvang van die muwe demokrasie.