Hong Kong geweld duur voort

Hong Kong, die stad wat daarop roem dat dit sonder geweld en met min misdaad te kampe het, het die afgelope maande in ’n woeste stad met miljoene rebelle ontaard.

Die tendens is veroorsaak nadat die kommunisties gesinde leier van die stad probeer het om ’n wet deurgevoer te kry wat alle verhore van inwoners, na Sjinese howe in Sjina sou oorplaas.

Dit het tot hewige verset gelei, en word beskou as die ergste in 22 jaar, terwyl die demokratiese ondersteuners van die verset aksies sê die optogte sal nie gestaak word voor daar nie aan hulle eis voldoen word nie.

Terwyl die Sjinese regime gehoop het dat die gewelddadige optogte beëindig gaan word na die afgelope naweek se botsing met die polisie, blyk dit nou of die demokrate meer vasbeslote is om onversetlik te bly en meer optogte te hou.

Na die naweek se besetting van die lughawe, het optoggangers Maandag hulle verset aksie hervat deur die strate van die middestad ontoeganklik te maak vir voertuie.

Die kommunistiese regime van Sjina word verplig om pynlik netjies op te tree, wel wetende dat die Westerse wêreld ’n ogie hou oor elke dag se optrede.