Hong Kong demokrate beset lughawe

Die jong studente en werkende manse van Hong Kong het in duisende gestroom na die lughawe en die lokale oorstroom sodat vlugte opgeskort moes word.

Die demokrate eis steeds dat die beoogde wetgewing om alle verhore in Sjinese howe te laat plaasvind, finaal van die tafel gevee moet word.

Hulle eis ook dat Hong Kong se demokratiese regte weer heringestel word om te voorkom dat die stad ’n kommunistiese baadjie aantrek.

Daarbenewens eis hulle dat die polisie se optrede ondersoek word toe hulle ’n week gelede traag was om ’n bende vas te vat wat met stokke die vreedsame optog gangers aangerand het.

Alhoewel die stad onder Sjinese beheer is, word Hong Kong beskou as anti-kommunisties beskou en weier die meerderheid inwoners om ’n kommunistiese bestel toe te laat, wat weer deur die betogers bewys is met honderde plakkate waarop geskryf is “Bevry Hong Kong”.