Hong Kong aktiviste daag Sjina

Terwyl Sjina se kommunistiese regering ongekende druk ervaar uit verskillende oorde, waarvan die handelsoorlog van Amerika die ernstigste is, word verdere druk uitgeoefen deur die aktiviste in Hong Kong.

Die studente wat die optogte begin het in verset teen die beoogde wet wat alle hofsake in Sjinese howe gehou moet word, het nou hulle verset teen die wetgewing wat intussen teruggehou is, ’n stap verder geneem en wil die komende naweek in Sjina hulle verset voortsit.

Die kommuniste het gesteier in Hong Kong, en was verplig om die gewraakte wetgewing terug te trek, maar die aktiviste sê die politieke leier, Carrie Lam, moet bedank en die omstrede wetgewing wat op ys geplaas is, moet geheel gekanselleer word om nie weer oorweeg te word nie.

Die Sjinese regering het op “vol spoed” gewerk om die gebeure weg te hou van die media, maar studente het die inligting doeltreffend beskikbaar gestel deur gebruik te maak van die sosiale netwerk.