Hoe lank nog Minister Gordhan?

Pravin Gordhan

Menige vrae het opgeduik wat waarskynlik onbeantwoord gaan bly oor die Ministe Pravin Gordhan se toekoms wat belemmer kan word deur die ANC se president indien die aanbevelings van die Openbar Beskermer tot uitvoer gebring word..

Gordhan se woordvoerder het egter die Openbare Beskermer daarvan beskuldig dat sy gefaal het in haar grondwetlike pligte.

Die vermoede bestaan dat Gordhan se regsverteenwoordiger ’n dringende aansoek sal liasseer by die hof in ’n poging om te verhoed dat president Ramaphosa hom uit sy pos ontslaan soos wat die OB aanbeveel het.

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het in omstredenheid verval onder die hoër garde van die ANC, en word nou daarvan beskuldig dat sy ’n Zuma ondersteuner is wat wraak neem op Ramaphosa en Gordhan.