Hanekom nou onder soekligte

Derek Hanekom, die voormalige minister in die ANC regering, word nou uit alle oorde bevraagteken, en beskuldigings kom uit onverwagte kringe van die politieke spektrum.

Dit is egter die opmerking van Jacob Zuma wat die grootste aandag trek in die media, terwyl die ANC se Magashule ook sy mening uitgespreek het.

Zuma het Hanekom bestempel as ’n bekende vyandige agent, en Magashule reken Hanekom is ’n wig in drywer om die ANC te verdeel.

Alhoewel Hanekom en die SAKP ontken dat hulle deel was van ’n aksie om ontslae te raak van Jacob Zuma as president, het die Rooi brigade s Malema volstaan deur te beweer dat hulle deel van die aksie was.

Die ANC wil glo onder leiding van Magashule ’n ondersoek doen na die moontlikheid van sy senior lede wat dalk betrokke was in die aksie teen Zuma.