Grondgryp verslag uiters radikaal

Verskeie instansie uit die landbou omgewing het hulle skok en ontevredenheid uitgespreek oor die verslag wat deur die paneel vrygestel is.

Die paneel wat deur Cyril Ramaphosa aangestel is in September 2018 het na ’n jaar se werksaamhede ’n uiters radikale verslag opgestel waarvan die inhoud vir landbouers geen goeie nuus inhou nie.

’n Landbou ekonoom het aan Die Vryburger gesê die verslag bevat radikale aanbevelings wat hopelik nie deur die kommunisties gesinde regering toegepas sal word nie.

Van die belangrikste aanbevelings is ondermeer dat grond wat onbenut is, ook gebruik moet word om aan sogenaamde nuwe landbouers beskikbaar te stel.

Grond wat deur arbeiders of inwoners daarvan behoort ook aan hulle beskikbaar gestel te word om die onreg van die verlede reg te stel.

Die onbenutte staatsgrond kan ook toegeken word aan die swartmense wat die landbou as beroep kies, en voormalige bewoners op ’n bepaalde stuk grond behoort die eienaars daarvan tee word.

Die verslag toon dat die paneel hulle begeef het op die terrein van beleidmakers dur aanbevelings te doen wat tot hede nie bespreek of oorweeg is nie.

Vêr linkse instansies en persone het die verslag as “konserwatief” beskryf en is nie so radikaal as wat sommige instansies wil beweer nie.