Griekse premier word ingehuldig

Kyriakos Mitsotakis

Die Konserwatiewe politikus, Kyriakos Mitsotakis, wat die afgelope naweek se algemene verkiesing met ’n sterk meerderheid geseëvier het teen die regerende sosialiste, is ingehuldig as die land se nuwe Eerste Minister, en het hy dadelik begin met die saamstel van ’n nuwe kabinet.

Kyriakos Mitsotakis is die seun van ’n voormalige premier van Griekeland, en hy het die verkiesing gewen met sy sterk standpunt oor finansiële herstel van die land en die vestiging van nuwe werksgeleenthede, maar wil ook nuwe beleggings na Griekeland lok.

Sy Nuwe Demokratiese Party kon daarin slaag om ’n volstrekte meerderheid te behaal met 158 van die 300 setels in die parlement.

Met sy belofte van laer belastings, beter besoldiging en meer werksgeleenthede het hy die kiesers van Griekeland oortuig om weer vir ’n konserwatiewe regering te stem.