Griekeland verras by stembus

Kyriakos Mitsotakis

Uit Athene in Griekeland word berig dat die afgelope parlementêre verkiesing sy verrassing gelewer het met ’n konserwatiewe meerderheid.

Alhoewel meningspeilings getoon het dat die konserwatiewe opposisieparty die verkiesing kan wen, was daar ook diegene wat geglo het die vêr linkse sosialiste gaan weer die oorwinnaars wees.

Die linkse sosialiste het Griekeland in ’n skuldlas gedompel wat die Europese Unie verplig het om in te gryp, en die Europese Bank het streng voorskrifte moes stel om die land van algehele chaos te red.

Die verkiesing word oorheers deur die twee grootste partye. Incumbent Alexis Tsipras is die leier van die sosialistiese Syriza party, en regeer sedert 2015.

Sy teenstander is die 51-jarige konserwatiewe Kyriakos Mitsotakis van die Nuwe Demokrasie wat sterk opgang gemaak het in die afgelope 12 maande, wat nou met ’n veel groter meerderheid gewen het as wat verwag is.