Goud vir almal op aarde

Nasa het sy oog op ’n asteroïed wat in die ruimte hang, wat alle mense op aarde miljardêrs sal maak, want die metaalagtige rots bestaan uit ryk minerale.

Wetenskaplikes het vasgestel dat die asteroïed genoeg goud ’n platinum bevat om elke mens op aarde ’n miljardêr te maak, maar dit sou beteken dat die wêreld se ekonomie totaal in duie stort.

Phyche 16 is tussen Jupiter en Mars geleë, en bestaan ondermeer uit platinum, goud, nikkel en yster, waarom Nasa se belangstelling toon in die geheimsinnige rots.

Nasa wetenskaplikes stel die waarde van die metale op sowat $10,000 kwadriljoen teenoor die aarde se ekonomiese vermoë van $76 triljoen.

Dit sou beteken dat indien dit moontlik was om die asteroïed Phyche na die aarde te bring, alle bestaande markte inmekaar sou tuimel omdat niemand sou wou werk en geen voedsel en ander noodsaaklike lewensmiddele sou geproduseer word nie.