Gordhan liasseer hofstukke teen OB

Busisiwe Mkhwebane 

Minister Pravin Gordhan se regsverteenwoordigers het die week dokumente in die hof geliasseer waarin glo beweer word dat die Openbare Beskermer dit verkeerd het in haar verslag oor sy optrede.

In die dokumente word ook gevra dat die hof koste van die saak teen die Openbare beskermer gehef moet word.

Die hof word versoek om die aangeleentheid op ’n dringende basis te hanteer aangesien daar geen ander remedie is om die saak reg te stel nie.

Benewens ander aanklagte wat die Openbare Beskermer teen die minister uitgewys het in haar verslag, word hy van korrupsie aangekla, en is haar aanbeveling dat die president paslike stappe sal neem teen die minister.

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het reeds verskeie kere onder skoot gekom oor haar verslae en uitsprake, maar kenners sê die beslissing van Gordhan se saak sal deurslaggewend wees vir haar toekoms as Openbare Beskermer.