Goewerneur wil Brasilië se president word

Goewerneur Wilson Witzel

Die nasionalistiese Goewerneur van Rio de Janeiro deelstaat in Brasilië, Wilson Witzel, het aangedui dat hy van plan is om later president van Brasilië te word.

Wilson Witzel is bekend vir sy sterk optrede teen dwelmmiddels en dwelmhandelaars, sowel as dy maatreëls om misdaad in die deelstaat hok te slaan.

Hy het in ’n media onderhoud gesê dit is net ’n kwessie van tyd voordat hy president word, en die media het groot prominensie aan hom verleen met sy steun aan President Jair Bolsonaro tydens sy verkiesingsveldtog.

Wilson Witzel, ’n voormalige regter in Brasilië, is vroeër met ’n reuse meerderheid as Goewerneur van die deelstaat Rio verkies en word allerweë beskou as ’n toekomstige president van die land.

Hy het egter nie aangedui of hy vir die presidentskap beskikbaar sal wees vir die volgende termyn nie.

Waarnemers wys daarop dat president Bolsonaro stek teenkanting kan verwag in die volgende presidentsverkiesing wat in 2022 gehou word.