Getuie dra wapen na kerkdiens

Ephraim Dhlamini

Die Vrede Melkplaas se werkers, en sogenaamde mede eienaars het glo vir hulle lewens gevrees as die opdragte nie uitgevoer word nie.

Ephraim Dhlamini, een van die betrokkenes by die werk op die omstrede melkplaas het voor die Zondo Kommissie getuig dat hy vir sy lewe gevrees het en selfs ’n wapen saamgeneem het na die kerkdiens wat hy bygewoon het.

Hy sê hy is geen Tarzan nie en daarom moes hy oral waarheen hy sou beweeg, die wapen saamneem om homself te verdedig as dit nodig raak.

Ephraim Dhlamini is een van die persone wat as “landbouer” op die Estina plaas besig was, en het aan die Kommissie gesê hy is egter nie bank om alles bekend te maak oor gebeure op die plaas  waar talle beeste uiteindelik aan wanvoeding gevrek het nie.

Hy het bevestig dat verskeie kollegas gedood is omdat hulle sekere inligting bekend gemaak het wat veronderstel is om vertroulik te bly, maar hy vrees geen konfrontasie nie.