Gesag, dissipline en orde

In onlangse berigte is moorde en opstande in tronke belig.  Volgens syfers wat vrygestel is het daar 1,485 natuurlike sterftes, 78 selfmoorde en 28 moorde plaasgevind in tronke.

In die Goedemoed gevangenis is een bewaarder gedood en ʼn vroue bewaarder verkrag. In die Durban Westville tronk is bewaarders gevang wat prisoniers voorsien van dwelms en wapens, terwyl in Pollsmoor ‘n bewaarder aangeval is deur 50 gevangenis.

Die probleem lê egter nie by die gevangenis nie maar by die bewaarders.  Tydens ‘n onderhoud met ‘n bewaarder het dit na vore gekom dat daar geen dissipline in korrektiewe instellings bestaan nie. 

Die bevordering, so voetstoots, van bewaarders die afgelope jare het sy tol gereis.  Soos in baie instellings geskied bevordering op grond van ras en nie op grond van ondervinding en/of kwalifikasies nie.

 Sekere blanke bewaarders het geen bevordering die afgelope 20 jaar ontvang nie en terwyl jong en onbekwame nuwelinge deur die range gaan en binne ‘n kort tydperk senior posisies beklee.  Drankmisbruik deur bewaarders aan diens is nie meer ‘n snaakse verskynsel nie wat daartoe lei dat toesig laks is en dikwels ontbreek.

Intussen het die nuwe minister van Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, gesê dat die land se tronke ‘n totale verandering gaan ondergaan. Hy verklaar  dat tronke nie beskou moet word as vakansie plekke nie.  Hierdie “opgradering” van tronke se kostes sal egter maar weer uit die belasting betaler se bydraes kom.

Vyfster