Geldwolwe byt in die stof

Die magnate wat gretig is om met skaliegas boorwerk te begin in die dorre, maar waterryke onderaardse gebied van die Karoo, het nou slae gekry in die Suid-Afrikaanse Appèlhof in Bloemfontein.

Die jarelange stryd om die Karoo se skaliegas te ontgin met die risiko dat dit die waterbronne kan vernietig, is uiteindelik nek omgedraai in die hof.

Kommer bestaan egter dat dit nie die einde van die stryd is nie, want die hof se uitspraak is geldig tot nuwe regulasies deur die regering daargestel word wat boorwerk moontlik sal maak.

Kenners het vroeër daarop gewys dat die risiko bestaan dat groot onderaardse waterbronne van die Karoo onbruikbaar kan raak, en veral as die ontwikkelaars nie met groot erns die aangeleentheid benader om die waterbronne ongeskonde te hou nie.